Ernstige akute respiratoriese sindroom koronavirus 2

Hierdie illustrasie toon die buitestruktuur van koronavirusse in die algemeen. 'n Kroon of korona van priemreseptore (in rooi aangedui) bedek die oppervlak van die virion (in grys aangedui). 'n Nuwe koronavirus, EARS-KoV-2, is geïdentifiseer as die oorsaak van die uitbraak van 'n respiratoriese siekte, covid-19, wat in 2019 vir die eerste keer in Wuhan, China, opgemerk is. Bron: Centers for Disease Control and Prevention

Ernstige akute respiratoriese sindroom koronavirus 2 (EARS-KoV-2)[1][2] (Engels: SARS-CoV-2) is die stam van koronavirus wat die asemhalingswegsiekte covid-19 veroorsaak. Dit staan in die volksmond bekend as die koronavirus, maar voorgenoemde is eintlik die naam van 'n groep van virusse. Dit is voorheen met die voorlopige naam, 2019 novel coronavirus (2019-nCoV) (en) aangedui.[3][4][5][6] Die virus is gekenmerk deur 'n vinnige opeenvolging van mutasies, veral wat die gene van die priemreseptore betref.[7] Daar is gespekuleer dat die virulente fase van die pandemie tot 'n einde sou kom wanneer 'n variant met minder ernstige simptome endemies word.[8][9] Die Wêreldgesondheidsorganisasie het verwag dat hierdie akute fase teen middel 2022 ten einde sou loop mits 70% van die wêreldbevolking dan reeds geïmmuniseer sou wees.[10] In 2023 en daarna was mutasies van die Omikron-variant nog in omloop.[11]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named CoronavirusStudyGroup
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named BBC-Named
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named WHO21Jan2020
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named CDC-nCoV
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named CDCAbout
  6. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named NYT6
  7. McCallum, Hamish (1 Desember 2021). "It looks like Omicron variant causes milder illness – is this how Covid-19 becomes endemic?". iol.co.za. The Conversation. Besoek op 2 Desember 2021.
  8. Head, Tom (1 Desember 2021). "Omicron spread could be our first step OUT of the pandemic – here's why". thesouthafrican.com. The South African. Besoek op 2 Desember 2021.
  9. Swart, Megan (6 Desember 2021). "Omikron dalk begin van die einde vir Covid-19". maroelamedia.co.za. Maroela Media. Besoek op 10 Desember 2021.
  10. Ueckermann, Veronica (16 Februarie 2022). "What SA has learnt about Covid-19 and what the next steps could be". Ideas. TimesLive. Besoek op 4 Maart 2022.
  11. Neveau, James (24 April 2023). "There's a New Symptom the 'Arcturus' COVID Variant May be Causing". nbcchicago.com. 5Chicago. Besoek op 8 Mei 2023.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search